Nuwe luukse kamp maak in Namibië oop
2011-10-19 11:00
Kaapstad – ‘n Nuwe luukse kamp, Etambura, wat deur die gemeenskap besit word, het in die Orupembe-bewaringsgebied in die noordweste van Namibië oopgemaak.
Die hoofstruktuur van die kamp is uit natuurlike materiale gebou en is ontwerp om die natuurlike kontoere van die horison te weerspieël.
Die vyf seil en grasdak eenhede is op hout-platforms gebou en het elk sy eie dek.
Die Himba en Herero-gemeenskappe in die streek beskerm die wildlewe – skaars olifante, renosters en wildekatte wat spesiaal aangepas is vir die lewe in die woestyn – en hulle glo die woestyn is ‘n heilige plek.
“Alle winste van die safaribesigheid gaan na die 1 800 lede van hierdie bewaringsgebiede,” het Tim Henshall, besturende direkteur van Kamili Safaris, gesê.
– Tourism Update
– Volg Nuus24 op Twitter