Nuwe kabelkar kom oor die Teemsrivier
2011-10-10 21:47
Londen – Die stad se burgemeester, Boris Johnson, het Maandag aangekondig dat Londen se nuwe kabelkar wat oor die Teemsrivier sal gaan deur Emirates geborg sal word.
Die kabelkar,wat deel is van ‘n tien jaar kontrak van £36 miljoen (R442 milj.), sal as die Emirates Air Line bekendstaan.
Die Emirates Air Line sal mense tussen noord- en suid-Londen vervoer, met twee nuwe stasies, die Emirates Greenwich Peninsula en Emirates Royal Docks, wat vir die kabelkar opgerig word.
Die projek sal na verwagting in die somer van 2012 gereed wees en die kabelkar sal glo tot 2 500 mense ‘n uur oor die Teems vervoer.
– Lees meer by Travelmole
– Volg Nuus24 op Twitter