Nuwe kaart maak Tafelberg-besoeke maklik
2011-01-20 14:33
Duisende mense bly aan die voet van Tafelberg, maar moet mooi terugdink aan die laaste keer wat hulle by dié reus op was.
Ander hoop weer die suidoos is hulle genadig sodat hulle darem een kansie tydens hul besoek aan Kaapstad sal kry om by dié stad se kroon op te gaan.
Binnekort kan enige Tafelberg-entoesias die nuwe Cable Card koop wat gereelde besoekers talle voordele sal bied.
Wat is die voordele van die Cable Card?
• Kry gratis toegang tot die sweefspoor, geldig vir een jaar van die dag wat die kaart gekoop word
• Besoek die sweefspoor so gereeld as wat jy wil, beperk tot een retoerrit per dag
• Verhoed lang rye by die kaartjiekantoor
• Word uitgenooi na eksklusiewe funksies en geleenthede
• Kry ‘n subskripsie van die kwartaallikse nuusbrief
Let wel daarop dat slegs Suid-Afrikaners die kaarte mag koop en gebruik en die Cable Card sal slegs te koop wees by die onderste kabelkar-stasie en sal nie aanlyn gekoop kan word.
Hoeveel kos die Cable Card?
• Volwasse Cable Card: R490
• Kinder-Cable Card (4 – 17 jaar): R245
• Volwasse en kinder-kaart: R580
Die kaart is van 1 Februarie 2011 te koop.
- Nuus24