Nuwe inbellyn help korrupsie in lugvaart kelder
2011-06-23 10:28
Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) het onlangs ‘n nasionale wenk-inbeldiens geskep wat lede van die publiek en diegene in die lugvaartbedryf die geleentheid bied om vermeende bedrog en korrupsie of onwettige aktiwiteite wat veiligheid en sekuriteit in die lugvaart kan belemmer, aan te meld.
Volgens Zakhele Thwala, waarnemende direkteur van die BLO, is die hulplyn onafhanklik van die BLO. Dit verseker dat mense wat gevalle van korrupsie aanmeld anoniem sal kan bly indien hulle dit verkies.
Die hulplynnommer is 0800 997 263 en word bestuur deur werkers wat 24 uur per dag in al 11 tale bystand bied.
Wenke kan op die volgende maniere aangemeld word:
Telefoon: 0800 997 263
Faks: 0800 00 77 88
E-pos: sacaa@tip-offs.com
Posadres: Tip-offs Anonymous, FreePost KZN 138, Umhlanga Rocks, 4320
– Tourism Update
– Volg Nuus24 op Twitter