Nuwe iPhone-program gee raad terwyl jy reis
2010-05-27 10:11
Kaapstad – TripAdvisor, die wêreld se gewildste en grootste internet-reisgemeenskap, het Woensdag aangekondig dat hulle ‘n TripAdvisor iPhone-program loods.
Dié gratis program gee reisigers die geleentheid om vir gewilde hotelle, restaurante, toeristegebiede en die goedkoopste vliegkaartjies te soek.
Die program, wat in dertien tale beskikbaar is, is egter nog nie in Suid-Afrika beskikbaar nie.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.