Nuttige 4x4-wenke vir jou volgende toer in Namibië

2011-09-22 12:30
Tweets Share Share line Print

Hoe meer jy gas gee, hoe dieper sit jy vas. Die 4x4 wat jy gehuur het is seker ’n plaas se prys werd, dink jy terwyl jy nog ’n bietjie modder spat en die bande dieper begrawe.

Swakopmund is so 300 km ver en jou foon het geen ontvangs nie. Skielik lyk Huisgenoot se blokkiesraaisels nie meer na so ’n belaglike stokperdjie nie.

Namibië is enige 4x4-entoesias se droom, maar jou avontuur kan in ’n nagmerrie ontaard as jy nie voorbereid is nie.

Volgens die Motorvoertuig Ongeluksfonds vir die Namibiese streek, moet bestuurders sorg dat hulle te alle tye genoeg hulpbronne het aangesien bestemmings wyd verspreid lê.

Die fonds het die volgende veiligheidsmaatreëls saamgestel. Druk dit uit en merk elke punt af nog voordat jy die grens na die ou Suidwes oorsteek:

Leer ken al die tegniese funksies van jou voertuig. As jy ’n 4x4 huur, maak seker dat die verhuringsmaatskappy al die aspekte van jou voertuig aan jou verduidelik.

Moenie die middaghitte en die lang afstande tussen die dorpe onderskat nie – hê altyd genoeg water en versnaperinge by jou en maak elke keer jou tenk vol as jy by ’n petrolstasie stilhou.

Verminder jou spoed drasties op ongelyke paaie om te voorkom dat die onderstel van jou voertuig beskadig word.

Ry te alle tye met jou ligte aan.

Voldoen aan die spoedbeperking. Die voorgestelde spoedbeperking vir grondpaaie is 80 km/h.

Moenie deur water ry as jy nie hoef nie.

– Vir meer 4x4-wenke besoek DriveSouthAfrica.co.za

– Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: namibië  |  4x4  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.