Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Nieu-Seeland gaan visums vereis

2012-03-20 07:03
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Kommer oor die bedrieglike gebruik van Suid-Afrikaanse paspoorte deur mense wat nié Suid-Afrikaanse burgers is nie kan beteken dat die land se visumvrye status in Nieu-Seeland tot ’n einde kan kom.

Tot op hede kan Suid-Afrikaners, wat soontoe reis om vir vriende en familie te gaan kuier of om te gaan kyk of hulle soontoe wil emigreer, dit doen sonder enige visum. Nou het die Nieu-Seelandse parlement besluit om dié status te heroorweeg.

Nathan Guy, die land se minister van immigrasie, het volgens Phil Rennie, sy mediasekretaris, gesê die land moet alles moontlik doen om immigrasie-risiko’s te beperk.

Volgens Guy is dit nie net die gebruik van Suid-Afrikaanse paspoorte deur vreemdelinge wat sy land bekommerd het nie, maar ook die vrye beskikbaarheid van wettige Suid-Afrikaanse paspoorte, wat bedrieglik gebruik word.

Die Nieu-Seelandse media het die afgelope paar dae bespiegel dat die hersiening waarskynlik net ’n skynvertoning is vir ’n besluit wat klaar geneem is om vervolgens visums te vereis.

Op ’n Nieu-Seelandse immigrasie-blog bespiegel die skrywers egter dat dit geen sin maak waarom ’n Al-Kaïda-terroris met ’n Suid-Afrikaanse paspoort na dié land sal wil reis nie.

Een skrywer meen dit is eerder voorkomende optrede vir ingeval daar in die toekoms dalk ’n vlaag Suid-Afrikaners is wat op kort kennisgewing heenkome in ’n ander land soek. Volgens die skrywer is dit ’n hartseer-refleksie van die “nuwe” Suid-Afrika wanneer ander lande weer van voor af teen Suid-Afrikaners diskrimineer soos in die apartheidsjare.

Die Nieu-Seelandse kwalifikasie-owerheid het in die verlede gevind dat gemiddeld een uit drie van die Suid-Afrikaanse kwalifikasies wat hy ondersoek vir immigrasiedoeleindes, vals is.

Geen nagraadse kwalifikasies wat ná 2010 verwerf is, word meer aanvaar alvorens dié owerheid dit ondersoek het vir egtheid nie.

Terselfdertyd meen ’n skrywer dat Nieu-Seeland in die moeilikheid gaan wees sonder die vaardighede wat veral die Suid-Afrikaners na die land toe bring.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: neiu-seeland  |  suid-afrika
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
26 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Hurst Hill - 17:00 PM
    Road name: Perth Road Southbound
    DELAYS approaching Portland Road
  • Friday Germiston - 16:57 PM
    Road name: N17 Eastbound
    DELAYS approaching the Osborn Road exit
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.