Neighbourgoods Market binnekort in Jhb
2011-08-24 11:34
Kaapstad – Kaapstad se gunsteling-Saterdagmark, die Neighbourgoods Market, maak binnekort in Johannesburg oop.
Saterdagoggende by die Old Biscuit Mill in Woodstock is vir talle Kapenaars ‘n instelling.
Die gewilde Neighbourgoods Market sal op 10 September in die hartjie van Johannesburg open, op Braamfontein se Juta-straat 73 by Eldoardo Villa.
Die mark sal oor twee verdiepings strek, met ‘n uitgebreide dak-gedeelte op die tweede vloer waar besoekers uitsigte oor Braamfontein en die middestad kan geniet.
As deel van hul mikpunt om die rol van 'n plaasmark in die besige samelewing weer nuwe lewe te gee, sal die organiseerders daarop fokus om dieselfde hoë standaarde van kos en produkte te handhaaf wat Neighbourgoods-aanhangers geleer ken het.
– Lees meer by Visi
– Besoek die webwerf hier
– Volg Nuus24 op twitter