Naweek van groot opwinding in Kaap
2011-10-07 16:28
Daar is nooit ‘n rede om verveeld te wees in die Kaapstad-omgewing nie. Hierdie naweek is daar baie opsies om van te kies en te keur.
Rocking the Daisies
Een van Suid-Afrika se mees geliefde musiek- en leefstyl-feeste vind hierdie naweek vir die sesde jaar plaas.
Die fees beloof om selfs groter, beter, vroliker, snaakser en meer opwindend te wees en talle feesgangers is reeds in Darling by die Cloof-wynlandgoed om hul tente op te slaan.
Datum: 7-9 Oktober 2011
Plek: Cloof-wynlandgoed, Darling
Telefoon: +27 (0)22 492 2839
Prys: R380 pp
E-pos: info@rockingthedaisies.com
Webwerf: www.rockingthedaisies.com
Cook Franschhoek
Kom saam met van die vallei se beste sjefs en wynmakers bymekaar waar hulle demonstrasies sal doen met die fokus op bestanddele, feestelike kookkuns en voedselgroepe.
Jy kan selfs leer hoe om die perfekte kalkoen vir Kersfees voor te berei en ‘n vrugtekoek beter as ouma s’n te bak.
‘n Paar restaurante in en om Franschhoek sal hul eie opwindende demonstrasies aanbied, onder andere The Salmon Bar, Freedom Hill, Holden Manz, Ryan’s Kitchen, Mange Tout, Franschhoek Country House and Villas, L’Ermitage, Huguenot Fine Chocolates, Le Franschhoek, Haute Cabrière, La Motte, Grande Provence en Café Bon Bon.
Demonstrasies sal klein gehou word, met tussen agt en 30 mense wat per demonstrasie toegelaat sal word.
Kaartjies kan direk by www.webtickets.co.za gekoop word.
Datum: 7-9 Oktober 2011-10-07
Tyd: 10:00 – 22:00
Plek: Franschhoek en omliggende omgewing
Prys: R100 – R400 pp
Telefoon: +27 (0)21 876 2861
E-pos: events@franschhoek.org.za
Webwerf: www.franschhoek.org.za
Simonstad-pikkewynfees
Enigeen met ‘n liefde vir pikkewyne kan op Saterdag 8 Oktober na Boulders-strand by Simonstad gaan vir die jaarlikse pikkewyn-bewusmakingsdag waar talle pikkewyne terug geplaas word in hul natuurlike habitat.
Daar sal verder ook lewendige optredes, pretritte en kunsstalletjies wees wat daarop gemik is om geld in te samel vir die Suid-Afrikaanse nasionale stigting vir die bewaring van kusvoëls (Sancob).
Datum: 8 Oktober 2011
Tyd: 10:00 – 17:00
Plek: Boulders-strand, Simonstad
Telefoon: +27 (0) 21 557 6155
– Lees meer by CapeTownMagazine.com
– Volg Nuus24 op Twitter