Natuur is baas op dié Ceres-plaas

2011-08-23 11:02
Tweets Share Share line Print

ceres

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Ceres-vallei is nie verniet na die Romeinse godin van vrugbaarheid genoem nie. Hier is nog baie om te sien, doen en proe waarvan reisbrosjures nie vertel nie.

Een so ’n plek, naby Wolseley, is Waverley Hills. Dié plaas, aan die voet van die Witzenberge, doen tans pionierswerk met organiese wynverbouing.

Die ontvangs voor die reuse-kaggel in die proelokaal is sommer dadelik geil.

Kobus du Toit, eienaar van die landgoed, en die wynmaker Johan Delport vertel die leek hier graag meer oor “organiese wyn”.

Geen gif word as onkruiddoder gebruik nie. “Ons spit glad nie eens onkruid uit nie. Ons versmoor dit met grondbedekking,” het Delport verduidelik.

Tuinafval, eendmis en erdwurmpiepie word ook ingespan, moet jy dan hoor. Régtig?

’n Erdwurmplaas is naby die wingerd opgerig – duisende gelukkige wurms baljaar in ou buitebande vol klam grond. Die stikstof-ryke vloeistof wat onder uitloop, word gelei na die waterbron waarmee die wingerd besproei word.

Die plaaslike munisipaliteit se tuinafval word op Waverley Hills gestort en kunsmis word daarvan gemaak.

Lieweheersbesies word teen witluis ingespan. Slakbeheer word deur ’n lawaaierige span wit eende gedoen.

Die eende se posbeskrywing sluit plaagbeheer én bemesting in – die mis word in die wingerd ingespit

As deel van die biodiversiteit-wyninisiatief word die plaas jaarliks geoudit en moet dit aan Societe Generale de Surveillance-standaarde voldoen.

As ’n wyn daarop aanspraak maak dat dit organies is, moet dit dié etiket hê.

Met organiese wynbou sien jy hoe die fauna en flora terugkom. Eers die skoenlappers, en dan ­voëls en ander diere.

Op ’n staptog deur die wingerd sien ’n mens ook ’n magdom fisante en ander voëls, en selfs muishonde.

Die eko-sentrum en kwekery

Vyftien Suid-Afrikaanse wynplase het al biodiversiteit-wyninisiatief-kampioenstatus behaal. Waverley Hills is die eerste organiese produsent wat dit kon vermag.

’n Verskeidenheid fynbos en renosterveld word hier bewaar. Van die plante word op die plaas gekweek en later herplant.

Die man agter die fynbosverbouing, Johan van Biljon, staan aan die stuur van die Witzenberg-ekosentrum. Sedert 2009, met die hulp van Cape Nature en die Kaapse Wynland-munisipaliteit, reël hulle saam met die plaaslike gemeenskap verskeie projekte.

Deur die Green Fingers-inisiatief, wat deur die ekosentrum aangebied word, word met sewe laerskole gewerk wat as deel van hul wetenskap-leerplan vleiland-monitering en rehabilitasie doen.

Op 26 September gaan die kinders ’n voorlegging oor hul rivier se fauna en flora doen. Varswater-ekoloë kom hulle beoordeel.
Die twee staproetes (een onder 3 km en die ander 7,2 km) op Waverley Hills is ideaal vir beginners. Ná ’n stewige plaasontbyt van Fina en haar span in die restaurant, sal jy ook nie vir veel meer kans sien nie.

Dit is ’n bonus as jy Van Biljon kan oorreed om jou toergids na die medisinale tuin teen die berghang te wees.

Daar is ’n groot verskeidenheid inheemse en endemiese medisinale plante. Van kattekruid (Ballota africana) tot kankerbos (Lessertia frutescens), tradisionele veldkos soos bloubekbessie (Diospyros glabra) en skilpadbessies (Mundia spinosa) word hier aangetref.

Blyplek

Stilte, sterre, paddatjies wat kwaak, vissies wat spring. Private dubbelverdieping-houthutte langs ‘n groot plaasdam is teen billike tariewe reg oorkant Waverley beskikbaar.

Arum Lily Cottages het al die B’s wat jy begeer – luukse beddens, massiewe baddens met berg-uitsigte, braaigeriewe op die dek en bootjies as jy op die water wil vaar.

Hoe om daar te kom

Kapenaars weet baie paaie lei na die Ceres-omgewing. Jy sal nie verdwaal as jy die N1 Paarl toe vat nie. Kies die stadige opsie as jy tyd het. Sit die GPS af en volg die mooi Bainskloof-pas op die R303 na Wellington. Dit is nie so ‘n pappa-pas soos die Swartberg nie, maar hoog genoeg met skerp genoeg haarnaalddraaie om te sorg vir ‘n 30 km-witkneukeleffek om die stuurwiel. Moenie soos ‘n bangbroek musiek hard luister en senuagtig saam neurie nie.

Waverley Hills, Wolseley: Kelder 0 023 231 0002, Restaurant 0 072 890 4373,  info@waverleyhills.co.zawww.waverleyhills.co.za.

– René Lötter is ’n web-joernalis van Die Burger

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- Beeld

Lees meer oor: groen  |  wyn  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.