NS vra verskoning vir vervoer-chaos
2011-09-12 17:58
Nieu-Seeland – Die land se eerste minister, John Key, het verskoning gevra vir probleme met openbare vervoer wat veroorsaak het dat duisende rugby-aanhangers die Wêreldbeker-openingseremonie in Auckland gemis het.
Volgens operateurs van die spoorweg was die treinstelsel “oorweldig”, met duisende mense wat die openingseremonie en eerste wedstryd wou bywoon.
Sowat 2 000 mense was in kompartemente vasgekeer en het die geleentheid op Eden Park misgeloop, het die burgemeester, Len Brown, gesê.
– Lees die volledige berig by Eyewitness News
– Volg Nuus24 op Twitter