Mosselbaai se 2010-verblyf bly goedkoop
2010-02-23 11:30
Kaapstad - Mosselbaai is nie van plan om die Wêreldbeker-toerrnooi te melk nie en akkommodasiepryse wat gewoonlik buite seisoen gevra word, sal steeds geldig wees.
Die dorp se toerismekantoor het aangekondig dat verblyfkostes onveranderd sal bly tydens die toernooi en die standaard, winterpryse geldig sal bly.
“Enigiemand kan waarde vir geld in Mosselbaai kry,” het Marcia Holm, hoof van Mosselbaai Toerisme gesê.
Na die media soveel ophef gemaak het oor moontlike prysverhogings, het Mosselbaai Toerisme hul lede gevra om hul pryse tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi nou al bekend te maak.
“Geen van ons lede wat gereageer het hierop, vra meer as wat hulle gewoonlik buite seisoen vra nie,” het Holm gesê.
Hiervolgens kan besoekers teen R100 ‘n aand in die karavaanpark parkeer, R1200 ‘n aand vir ‘n strandhuis of R400 ‘n nag vir bed- en-ontbyt akkommodasie betaal.
- Sapa