Ministers sweef vir stemme vir Tafelberg

2011-11-08 07:05
Tweets Share Share line Print

Alan Winde, Wes-Kaapse minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme (regs) sweef saam met Stef Juncker, verhooghipnotiseur en eienaar van ’n valskermsweefmaatskappy. (Foto verskaf)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Twee Wes-Kaapse ministers het hulle gister na die lugruim gewend om stemme vir Tafelberg te werf omdat dit nog nie onder die toptien van die Sewe Natuurwonders van die Wêreld-kompetisie is nie.

Daar is nog net drie dae oor om te stem.

Alan Winde, minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, en dr. Ivan Meyer, minister van kultuursake en sport, het van ’n winderige Vlaeberg geskermsweef. “Ek is net hier omdat Allan hier is,” het ’n ooglopend gespanne, maar glimlaggende Meyer gesê.

“Nee, nee, ons is albei hier sodat mense vir Tafelberg sal stem,” het Winde hom tereggewys.

Volgens Winde, wat al met ’n valskerm uit ’n vliegtuig gespring en ’n enjin-aangedrewe skermsweefvlug onderneem het, sal dit baie vir Suid-Afrikaanse toerisme beteken indien Tafelberg Vrydagaand as een van die wêreld se sewe natuurwonders gekroon word.

Ramsey Abott, ’n Britse toeris wat Tafelberg en Vlaeberg gisteroggend besoek het, het gesê: “Dit spreek vanself. As enigeen dít nie kan waardeer nie...” het hy kopskuddend met ’n kenmerkend Britse aksent gesê en na die berg geloer.

“Ek gaan beslis stem,” het hy bygevoeg.

Volgens Meyer, wat gister ’n rooi hemp met die woorde “My Cape Town” gedra het, is Tafelberg die tuiste van meer as 2200 plantspesies, insluitend die grootste konsentrasie bedreigde plantspesies in ’n spesifieke gebied.

’n Oorwinning vir Tafelberg sal groter bewustheid vir die bewaring van die Kaapse blommeryk bring.

Hy het gistermiddag, ná sy sprong, gesê: “Ek gaan dit beslis weer doen. Vandag het dit gevoel soos werk – volgende keer gaan ek net ontspan.”

Hy het gesê Kapenaars kan trots wees op hul toeriste-bestemmings en die vaardigheid van plaaslike toergidse, soos die skermsweef-instrukteur saam met wie hy gevlieg het wat die winderige toestande baie behendig hanteer het.

– Stem deur “tafel” na 34874 te SMS. Dit kos R2 per SMS. Of stem by www.new7wonders.com.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: tafelberg  |  toerisme

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.