Miljarde in gedrang weens Spele
2011-11-09 11:14
Londen – Toeroperateurs wat reise na Brittanje reël moet klaarkom met tot 90% minder besprekings vir die periode van die 2012 Olimpiese Spele in Londen, berig Reuters.
Dié feit is bekendgemaak ná 'n meningspeiling deur 'n toerismebedryfsgroep, en dui daarop dat die hoeveelheid toeriste wat die stad vermy gedurende dié periode veel groter is as wat verwag is.
Die Europese Toeropareteursvereniging (Etoa) het 28 van sy lede, wat gesamentlik twee miljoen toeriste per jaar hanteer, uitgevra oor die impak van die Olimpiese Spele op die bedryf.
Volgens dié peiling kan soveel as £3.5 miljard (sowat R44,5 miljard) gedurende dié periode vir die Britse ekonomie verlore gaan.
– Lees hier meer.