Mik na die Middelland
2011-03-16 13:47
Jy kan lekker laat wiel op die grondpaaie in die omgewing van die Midlands Meander in KwaZulu-Natal.
Gavin Foster het een gery wat hom by ’n minder bekende dorpie uitgebring het: Fort Nottingham.
Ons is op my gunstelingroete Middelland toe – van Pinetown af oor Richmond en dan Byrne Valley toe, en dan op ’n grondpad oor Elandskop na die R617 wes.
Hier draai jy regs, terug op die grondpad kort ná Boston by die Dargle-afdraai en volg die bordjies na Fort Nottingham, 45km verder.

Fort Nottingham is stil en hier’s min te doen buiten om die kleinste stadsaal in Suid-Afrika te besoek – dis meer soos ’n middelslag-tuinpakkamer – en ’n uur of wat in die museum deur te bring wat nou in die ou fort gehuisves word.
Tog is die nabygeleë Nottingham Road ’n bedrywige klein dorpie met vele kuns- en handwerkwinkels, restaurante, ’n nuwe gholfbaan en baie interessante paadjies in die omgewing wat jy kan ry.
Die paaie hier is so lekker dat jy omtrent ’n nuwe roete ontdek elke keer as jy ’n afdraai verken.
Lees meer by WegRy