Maraboes hang rond om karkasse

2010-09-01 08:49
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - As ’n mens van ’n ooievaar praat, sien jy dadelik ’n pragtige lang, sterk bek wat stewig vorentoe uitstaan.

In die maraboe se geval is hierdie pikker ekstra stewig en groot.

Om die waarheid te sê, so groot dat hierdie voël meestal die nek ingetrek hou sodat dit lyk asof die kop direk op die skouers rus.

Dit lyk sommer asof ta met ’n boggel rondloop.

Maar ’n mens kan jou maklik hiermee misgis. Wanneer daardie nek gebruik moet word, is hy wel daar.

En dit gebeur wanneer hy vreet en wanneer hy vlerksleep.



Van vreet gepraat: Die maraboe is heeltemal sonder tafelmaniere en styl om die etenstafel.

Hier het ’n mens beslis nie te doen met ’n servetdraer wat sy vurk met wye pinkies vashou nie.

Inteendeel, hier word sommer sonder hemp in die bord kos ingeklim.

Die maraboe se nek is kaal, nes dié van ’n aasvoël. En dit is om goeie rede so.

Maraboes hang gereeld om karkasse, slagpale of self vullishope rond. Hulle is aasvreters van die voorste waters.

Dit maak dus sin dat wanneer jy jou kop in vieslike verrottende karkasse en dinge gaan indruk, daar nie vere op jou nek is wat gedurig besmeer kan raak nie.

Die slagpale by talle groot stede dwarsoor Afrika het soms duisende maraboes wat daar ronddrentel om saam met ewe veel aasvoëls te wag vir die oorblyfsels wat nooit verwyder hoef te word nie.

Kampala, Accra, Lusaka, Harare, Nairobi. Ek kan hulle eerstehands opnoem.

Maar dis veral in Nairobi (in Kenia) dat die besoeker telkens begroet word deur ons maraboevriende tussen die lughawe en die middestad.

Daar het eenvoudig sommer honderde ’n hanetree van die sokkerstadion in boomtoppe digby die slagpale nesgemaak.

Dit maak mos sin. Bou jou babakamer so na as moontlik aan die kombuis.

Vlak voor die broeityd gaan die maraboes deur ’n hofmakery wat ryk oranje en rooi kleure deur die mannetjies se nek laat vloei.

Daardie kaalvelnekke word jou waarlik as advertensieborde gebruik.

Jy kan amper die subteks lees: “kampioen-aasvreter met stewige nes”.

Omdat dit ’n kompetisie tussen die mannetjies is, lees ’n volgende een se nek miskien oordadig: “al bogenoemde plus Lamborghini”. En so gaan dit aan.

Dit is waarlik aardig om hierdie effe prehistoriese boemelaars en bedelaars skielik te sien ontpop in individue wat hulself onweerstaanbaar vir die teenoorgestelde geslag wil maak.

Wanneer die vryery regtig begin opwarm, pof die mannetjie sy nekvel by sy krop in ’n helderrooi lugsak op.

Hoe rooier hierdie sak, hoe meer onweerstaanbaar word ons sjarmante vryer – in só ’n mate dat die wyfie later toegee dat daar nie ’n beter pa suid van die Wit Nylrivier te kry is nie.

Dit is in dié geestestoestand dat hy sy kop dan al skuddend laat sak terwyl hy sy bek vir die wyfie klap.

Dit lyk amper soos ’n makelaar wat ongelowig die kop laat sak en kopskud terwyl die aandelepryse deur die effektebeurs se vloer tuimel.

Die twee paar dan sommer op die nes terwyl die mannetjie se bek nog liggies klap.

’n Paar weke later is daar kaal boggelruggies met skerp punte vooraan in die nes.

Waar die kos volop is, is die maraboe baie suksesvol.

Terwyl ons maraboevriende wat tussen mense ronddrentel grootliks aasvreters is, vang hul plattelandse familie egter ook vis.

Maar dit gebeur gewoonlik net wanneer die binnelandse rivierpoele en panne só uitdroog dat die visse amper smeek om deur ’n boosaardige ooievaar of reier opgepik te raak.

Maraboes maak soms ook jag op flaminke wanner hulle troppe van die pienkes instap, verwilder en ’n afgedwaalde een letterlik in die rug steek met die bek. Die bek word as’t ware soos ’n spies gebruik.

Hoewel dit lafhartig kan voorkom, is dit ’n teken van vernuf.

Sit ’n groot skerp snawel en ’n dik nek wat meestal op die skouers rus, bymekaar en jy het jagmetode soos min.

Soos aasvoëls en hiënas is maraboes wesens wat nie instinktiewe gevoelens van verwondering by die mens ontketen nie.

Is dit omdat ons alle voëlsoorte teen dieselfde maatstaf van morele gedrag en postuur wil beoordeel, soos ons met ons medemens wil doen?

Maar kyk verby die groen alge wat soms eienaardig op die maraboe se bokop groei, die kaal nekvelle wat met vrot vleissous aangepak kan wees, en die boggelrug-voorkoms, en jy sien ’n perfek aangepaste kreatuur.

Dit moet ’n baie oppervlakkige mens wees wat van ’n maraboe-kolonie wegstap sonder om beïndruk te wees deur die vindingrykheid van die maraboe, die neiging om suksesvolle nasate voort te bring en ’n veelsydige opportunis te wees wanneer dit by die spyskaart kom.

Ek wil eindig met dié woorde: Hy is ’n ware “meesterstuk”!

Dr. Morné du Plessis is die hoof van die bewaringsorganisasie WWF-Suid-Afrika.

- Die Burger

Lees meer oor: reis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.