Mango vlieg nou van Lanseria na Kaapstad
2011-06-01 15:24
Johannesburg – Die laekoste-lugredery Mango het Woensdag met vlugte tussen Lanseria en Kaapstad begin, het die lugredery gesê.
Mango sal daagliks drie vlugte na Kaapstad hê.
“Lanseria-lughawe is geografies goed geplaas om groeiende markte in die noorde en weste van Johannesburg, sowel as die suide en weste van Pretoria, te dien,” het die uitvoerende hoof van Mango, Nico Bezuidenhout, gesê.
Volgens woordvoerder Hein Kaiser het besprekings vir die eerste vlug van Lanseria na Kaapstad drie weke gelede geopen en 25% van die kapasiteit is reeds in die eerste 48 uur uitverkoop.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA