Mango-geskil kan baie se Kersvakansie bederf

2011-12-08 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Duisende vakansiegangers kan van Vrydag af gestrand wees as ’n staking deur vlieëniers van die laekostelugdiens Mango voortgaan.

Mango en verteenwoordigers van sy werknemers sal vandag vergader in ’n laaste poging om dit te probeer voorkom. Die partye stry al sedert Augustus oor salarisverhogings vir vlieëniers.

Hulle is aanvanklik 5,6% aangebied, maar sê dit is onaanvaarbaar. Sedertdien is die aanbod tot 6,5% verhoog.

Ilze Nieuwoudt, woordvoerder van die vakbond Solidariteit, wat 53 van die 57 vlieëniers verteenwoordig, sê hulle verdien 40% minder as vlieëniers van Comair en tot 60% minder as vlieëniers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, ondanks die feit dat Mango deur die SAL besit word.

As die staking sou voortgaan, kan duisende vakansiegangers wat reeds kaartjies gekoop het, gestrand wees omdat ander lugdienste se vlugte oor die feestyd grootliks vol bespreek is.

Die SAL sal Mango-passasiers ook nie kan help nie omdat die lugdiens se vlugte vol is vanweë die COP17-beraad in Durban.

Hein Kaiser, Mango-woordvoerder, sê die lugdiens is daartoe verbind om ’n staking te vermy. “Mango het reeds ’n plan om te verseker dat daar minimale ontwrigtings sal wees as ’n staking kom.” 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: stakings  |  mango airline

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.