Mango, Total wil kliënte bederf
2011-09-06 11:16
Kaapstad – Die laekoste-lugredery Mango tesame met Total sal in September R2 miljoen se geskenkbewyse weggee.
Die lugredery sal met dié veldtog petrolkaarte ter waarde van R1 miljoen aan gaste weggee, terwyl besoekers aan Total se Bonjour-winkels die kans kan staan om R1 miljoen se Mango-vliegkaartjies te wen.
“Die promosie is daarop gemik om waarde aan Suid-Afrikaners te lewer,” het Mango se uitvoerende hoof, Nico Bezuidenhout, gesê.
Twintig gaste aan boord elke Mango vlug in September sal ‘n R50-petrolkaart van Total wen in trekkings aan boord die vlug.
Kliënte wat ‘n Times of Sunday Times en ‘n tweeliter-Coca Cola by enige Total Bonjour-winkel koop, staan die kans om ‘n R50-vlugbewys te wen.
– Lees meer by iafrica
– Volg Nuus24 op Twitter