Man vermoor, vrou ontvoer by vakansie-oord

2011-09-12 09:32
Tweets Share Share line Print

Kenia - ‘n Britse man is vermoor en sy vrou ontvoer in ‘n aanval deur vermeende Somaliese Islamitiese ekstremiste by ‘n luukse strandoord in die noorde van Kenia, het amptenare Sondag gesê.

Die aanval het Saterdagaand by ‘n toeriste-lodge in die Kiunga-reservaat op die Lamu-skiereiland aan Kenia se noordkus plaasgevind, het die polisie in Kenia gesê.

Polisiebeamptes het ‘n reuse-soektog met motorbote en helikopters geloods om na die ontvoerders te soek en daar word vermoed dat die aanvallers Shebab-ekstremiste van Somalië is.

“Ons het ‘n reuse-soektog geloods, maar ons sukkel want hulle kon dalk weggekom het met ‘n motorboot,” het die amptenaar, wat anoniem wou bly, gesê.

“Ons vermoed die Shebab is betrokke.”

“Twee Britse burgers is by ‘n strandoord noord van Lamu naby die grens tussen Kenia en Somalië aangeval. Een is dood en die ander een is ontvoer,” het ‘n woordvoerder vir Brittanje se departement van buitelandse sake gesê.

‘n Britse regeringsbron het bevestig dat ‘n man vermoor en sy vrou ontvoer is.

Die paartjie, wat Saterdag deur die dag by die oord aangekom het, is glo omstreeks middernag in hul kamer aangeval, het Kenia se polisiehoof, Mathew Iteere, gesê.

Hulle was ten tyde van die voorval die enigste gaste by die oord.

“Daar was slegs een skoot. Sover ons kon aflei het die man hulle probeer teësit. Miskien wou hulle albei ontvoer, maar hy het teen hulle baklei,” het Ireere gesê.

“Ons hanteer dit as 'n aanval deur struikrowers.”

Die kompleks word goed beskerm deur ses polisiemanne en 22 privaat wagte, het hy gesê. Tog het die hutte “geen deure nie – slegs ‘n lap word as deur gebruik – so hulle het maklik toegang verkry.”

Die Keniaanse polisie en Britse beamptes ondersoek die saak.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- AFP

Lees meer oor: kenia  |  misdaad  |  moorde  |  ontvoerings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.