Man vas vir ontvoering van Britse toeris
2011-09-21 20:52
Kenia – ‘n Keniaanse man is aangekla van die ontvoering van die Britse toeris Judith Tebbutt by ‘n strandoord in Kenia en die moord op haar man, David.
Ali Babitu Kololo het skuld op twee aanklagte van gewelddadige roof en ontvoering met die doel om te moor by die landdroshof in Lamu, aan die Keniaanse kus, ontken.
Aanklaers is van mening dat hy betrokke was by die aanval op 12 September by die Kiwayu Safari Village, waar die paartjie gebly het.
Die 57-jarige Tebbutt, ‘n finansiële direkteur, is in die aanval doodgeskiet. Sy vrou, ‘n maatskaplike werker, is ontvoer.
Daar word berig dat sy deur seerowers in Somalië aangehou word.
Babitu, ‘n 25-jarige nagwag by die oord, beweer dat hy deur die bende gedwing is om hulle na die Tebbutts se hut te neem.
– Sydney Morning Herald
– Volg Nuus24 op Twitter