Man agtergelaat in see ná snorkel-uitstappie

2011-06-29 16:57
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ‘n Amerikaanse toeris het vertel hoe hy vreesbevange was nadat hy besef het sy toerboot het hom agtergelaat tydens ‘n snorkel-uitstappie naby Australië se Groot Koraalrif.

Ian Cole (28) moes na ‘n ander boot swem nadat hy Saterdag naby Michaelmas Cay, ‘n sandeiland naby Cairns wat deur koraal omring word, agtergelaat is.

Cole het gesê hy het paniekerig geraak toe hy opkom en sien die boot is weg.

“Ek kon myself ‘n bietjie kalmeer, want daar was nog ‘n ander boot op die water en ek het daarheen geswem,” het hy Woensdag aan die Cairns Post-koerant gesê.

“Gelukkig was dit daar, anders sou ek dalk verdrink het. Ek het nie die situasie goed hanteer nie en ek was moeg.”

Duikoperateurs moet voldoen aan streng koptellings ná die 1998-verdwyning van ‘n Amerikaanse paartjie, Tom en Ellen Lonergan, wat vermoedelik deur haaie geëet is nadat hulle deur hul toergroep agtergelaat is.

Die leiers van die duikspan het eers twee dae later opgemerk dat hulle vermis is toe daar van die Londergans se persoonlike besittings op die boot gevind is.

Die paartjie is nooit opgespoor nie.

Colin McKenzie, woordvoerder van die toerisme-operateur, het gesê Cole was langs ‘n strand gelos en dat hy “nooit in enige gevaar” was nie.

Die persoon wat verantwoordelik was vir die verkeerde koptelling is afgedank en Cole het sy geld teruggekry.

“Daar is ook ‘n verskoningsbrief aan hom gegee,” het McKenzie gesê.

“Hy het ‘n koopbewys ook ontvang wat hy by enige van ons restaurante kan gebruik,” het hy aan ABC-radio gesê.

Volg Nuus24 op Twitter

- AFP

Lees meer oor: australië  |  toeriste  |  reis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.