Malta en Katar as veiligste lande aangewys
2011-09-20 13:28
Kaapstad – Die verenigde Nasies het sy jaarlikse Wêreldrisikoverslag gepubliseer en Malta en Katar as die veiligste lande in die wêreld aangewys.
“Nasionale veiligheid” word in ag geneem, insluitende natuurrampe, klimaatsverandering en sosiale kwesbaarheid.
Nog ‘n faktor waarna gekyk is, is lande se vermoë om rampe en krisisse te hanteer.
Aan die ander kant van die spektrum is Vanuatu as die land aangewys wat die meeste risiko’s loop as gevolg van sy blootstelling aan natuurrampe en sy swak vermoë om dit te hanteer.
Hierdie eilande is geneig om onder aardbewings en getygolwe deur te loop en daar is baie aktiewe vulkane.
– Lees meer by Wanderlust
– Volg Nuus24 op Twitter