Maledive: Reisigers kanselleer vakansies
2012-02-09 10:01
Maledive – Bekommerde reisigers het hul vakansieplanne na die Maledive gekanselleer ná straatbetogings en die dramatiese bedanking van die land se president Mohamed Nasheed.
Nasheed het die tuig neergelê nadat oproerige polisiebeamptes in die land die staatstelevisiestasie oorgeneem en saam met opposisie-betogers vir die afgelope drie weke reeds vra dat hy moet uittree.
"Ons het vier tot vyf wittebroodpaartjies gehad wat besprekings in die Maledive gemaak het om rondom Valentynsdag hier te wees," het Konica Kapoor, 'n uitvoerende hoof van Flexi Tours reisagentskap, gesê.
"Maar hulle het gebel om hul reis te kanselleer."
Dit is egter nog moeilik om te sê watter impak die huidige situsasie op toerisme in die Maledive gaan hê.
– Kliek hier om die volledige storie te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP