Maak seker oor permit vir nuwe park in Nam
2010-12-20 21:48
Windhoek - 'n Hekweg met ’n haelgeweer, twee toeriste uit Suid-Afrika en twee natuurbewaarders het verlede week vir die eerste drama in Dorob, die nuwe natuurpark aan die kus van Namibië, gesorg.
Die twee Suid-Afrikaners is tydens die onderonsie by Myl 72 elk ’n boete opgelê aangesien ’n geskil ontstaan het oor permitte waaroor hulle moes beskik om die gebied binne te gaan om te gaan hengel.
Volgens ’n woordvoerder van die twee besoekers was hulle in twee motors op pad om by Myl 72 vis te vang soos wat hulle elke jaar doen.
Om by hul vangplek te kom, het hulle ’n kortpad see toe gekies en nie deur die kamphek by Myl 72 beweeg nie.
“Ons het pas stilgehou of die mense was op ons. Hulle het gesê ons is in ’n park, hulle soek permitte en ons moes die park deur die hek binnegaan het.
Ons het gesê ons is nie bewus van die parkstatus met permitte wat ’n vereiste is nie. Daarop was die reaksie dat die park in die media aangekondig is en dat besoekers uit Suid-Afrika hul huiswerk moet doen.
Lees verder.
- Die Republikein