Lus vir kaalboude stap? Probeer Duitsland
2011-06-13 09:57
Dankerode - Duitsland se eerste staproete vir nudiste is op 29 Mei naby Dankerode geopen en met groot entoesiasme aanvaar, berig TIME.
Monika Rauhut, die burgemeester, het gesê die staproete is “die nuutste aantreklikheid hier in 'n pragtige Wippertal.”
Die staproete was glo ‘n onmiddellike treffer. In Switserland sal die kwessie van naakte wandelinge binnekort deur die hooggeregshof ook opgeneem word.
Die nie-amptelike woordvoerder “vir Switserse liefhebbers van dié buitelugaktiwiteit” reken ‘n goedgekeurde roete sal baie mense die geleentheid gee om die “liggaamlike vryheid" te ervaar wat slegs naakte wandelinge bied.
- Kliek hier vir die volledige artikel.
- Volg Nuus24 op Twitter.