Miljarde opsygesit vir lughawe by Etosha
2011-10-31 10:19
Kaapstad – Groot Propery Group Bpk. beplan om die Groot Internasionale Lughawe naby Etosha in Namibië te bou in ‘n poging om die getal besoekers na die streek te laat toeneem en om die land se ekonomie 'n hupstoot te gee.
‘n Lewensvatbaarheidstudie is vir die lughawe begin, met ‘n beraamde begroting van sowat $20 miljard (R157 miljard) oor ‘n ses jaar lange bouperiode.
Die Groot Internasionale Lughawe sal na verwagting direkte vlugte van die VSA via Senegal, Europa en Asië hê.
“My hoop is dat Air Namibia ook die Groot Internasionale Lughawe sy middelpunt sal maak,” het Simon Kapenda van Groot Property Group gesê.
– Lees verder by Tourism Update
– Volg Nuus24 op Twitter