Lughawe dwing bejaarde om doek af te haal

2011-06-27 17:01
Tweets Share Share line Print

Washington – ‘n Bejaarde vrou (95) wat van Florida na Michigan gevlieg het om die laaste tydjie van haar lewe daar deur te bring, is deur sekuriteitsbeamptes gedwing om haar doek te verwyder, het haar familielede gesê.

Die vrou is op 18 Junie in ‘n rolstoel deur haar dogter na die lughawe in die noordweste van Florida gebring waar sy na Hastings, Michigan, sou vlieg.

Beamptes van die departement van sekuriteit het die vrou alleen na ‘n kamer geneem, het haar dogter Jean Weber aan CNN gesê.

Sekuriteitsagente het later uitgekom met die bejaarde en aan Weber gesê sy moet haar na die toilet neem om haar doek af te haal.

Volgens Weber het sy aan die agente probeer verduidelik dat haar ma baie siek is en aan leukemie ly.

“Ek het aan hulle verduidelik dat sy teruggaan na Michigan om dood te gaan,” het Weber gesê.

“Al waaraan ek op daardie stadium kon dink is hoekom doen hulle dit aan ‘n 95-jarige vrou in ‘n rolstoel? Sy is siek en al wat sy wou doen, is om huis toe te gaan,” het Weber Sondag aan die Detroit News gesê.

Weber het vertel dat sy so ontsteld was toe sy teruggekeer het van die badkamer dat sy begin huil het.

“Ek het gehuil. Hulle het gevoel ek is ‘n sekuriteitsrisiko,” het sy gesê.

Haar ma het dit betyds tot op die vliegtuig gemaak, maar Weber het die vlug gemis terwyl beamptes alles in haar handsak en aan haar lyf ondersoek het.

Sy het gesê sy weet nie of sy haar ma ooit weer lewendig sal sien nie. Sy het gevolglik ‘n klag ingedien by die TSA, ‘n regeringsafdeling in die VSA verantwoordelik vir vervoersekuriteit.

Die agentskap het Sondag by sy agente gestaan en voer aan dat hulle “professioneel en volgens die regte prosedures opgetree het”.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lees meer oor: lughawens  |  bejaardes  |  kan jy glo?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.