Lugballon-ritte beste in winter
2011-06-06 12:15
Winter is die perfekte tyd om op ‘n lugballon-rit in die Hoëveld te gaan, met die son wat later opkom en minder weer-verwante kansellasies.
Hierdie ritte kan by die Heia Safari Ranch gedoen word en die maklikste is as jy daar oorbly, aangesien die uitstappies dou voor dag plaasvind.
Dis nie ‘n slegte opsie om die aand daar deur te bring nie, met impalas, koedoes, kameelperde en sebras wat verby jou rondawel beweeg.
Besoek Safari Ranch se webwerf vir meer besonderhede.