Lufthansa hervat vlugte na Tripoli
2012-02-01 15:39
Frankfurt – Europa se grootste lugredery, Lufthansa, gaan weer sy gereelde vlugte na die Libiese hoofstad, Tripoli, voortsit.
Dié aankondiging kom ná ‘n jaar lange opskorting van vlugte weens die onrus in die land.
Lufthansa het in ‘n verklaring gesê die lugredery sal sy vlugte drie keer ‘n week tussen Frankfurt en Tripoli hervat. Die vlugte sal vanaf Donderdag voortgesit word.
Die groep se Oostenrykse filiaal, Austrian Airlines, het ook Woensdag aangekondig dat dié lugredery sy vlugte tussen Wene en die Libiese hoofstad vanaf 25 Maart sal hervat.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP