Lucas Radebe: Verlief op Suid-Afrika

2009-12-02 10:09
Tweets Share Share line Print

lucas_radebe

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Selene Brophy

Kaapstad is reg vir die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi, en die finale loting wat by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) op Vrydag 4 Desember gaan plaasvind.

GoTravel24.com gesels met Lucas Radebe, voormalige Bafana Bafana-kaptein en voormalige Leeds United-speler, oor sy reise en gunsteling spanne vir die komende toernooi.
 
Van al die toernooie wat jy al moes speel,  wat is jou mooiste herinneringe en hoekom?

Beide die 1998 Wêreldbekertoernooi in Frankryk en die 2002 Wêreldbekertoernooi in Japan en Korea was vir my baie spesiaal, omdat ek die kaptein vir my land in twee agtereenvolgende Wêreldbeker-toernooie was.

Wat is jou verwagtinge, indien enige, met betrekking tot Suid-Afrika wat gasheerland vir die 2010-toernooi is?

Ek het geen twyfel in die land se vermoë om vir dié groot geleentheid gasheer te speel nie. Ons het 'n gevestigde belang om te sorg dat dié gebeurtenis ‘n sukses sal wees, en sal daarin slaag om dit te doen. Ek weet ook dat die toeskouers wat vir die eerste keer hierheen kom, sommer verlief sal raak op ons land.
 
Het jy enige gunsteling spanne vir die Wêreldbekertoernooi?

Ek glo Brasilië, Spanje, Engeland en Argentinië gaan onder die gunstelinge tel. Maar ek het geen twyfel dat een van die Afrikalande sal uitblink nie.

Het jy enige advies vir mense wat op pad is om ons land te besoek vir die gesogte toernooi?

Geniet elke dag in die land en geniet ook die skoonheid wat dit jou bied.

Jy het 'n groot deel van jou loopbaan in die Verenigde Koninkryk deurgebring, vertel ons' n bietjie meer oor jou ervaring...

Dit was 'n ongelooflike ervaring en Leeds het my huis weg van die huis geword. Ek sal vir ewig dankbaar wees vir die land en meer spesifiek die klub vir die geleentheid wat hulle aan my gegee het om my loopbaan te bevorder. En ook aan die mense van Leeds wat my soos een van hul eie aanvaar het.

Jy het al baie gereis, wat is jou gunsteling vakansieplek en waarom?

Ek geniet dit om te reis en as gevolg van my loopbaan was ek bevoorreg om al dwarsdeur die wêreld te reis. Maar om by die huis te wees, bly maar die beste, en ek sien altyd daarna uit om terug te keer na Suid-Afrika.

Waar is jou gunsteling plaaslike uithangplek en hoekom?

Suid-Afrika het so baie ongerepte skoonheid. Ek hou daarvan om deur die land te ry en nuwe en opwindende plekke te besoek. Dit is moeilik om een plek uit te sonder.

Vertel ons van jou mees snaakse vakansie?

Daar is nie een nie.

Langs wie sou jy die graagste wou sit in ‘n vliegtuig en hoekom?

Madiba, en ek hoop dit is 'n baie lang vlug... Ek kan nooit genoeg van hom leer nie, en hy hou net nooit op om my te verbaas nie.

Terwyl jy op reis is, waaraan spandeer jy baie tyd?
Inkopies.

Jy reis nooit sonder jou ...

Kinders.

- GoTravel24
 

Lees meer oor: reis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.