Londen bustariewe styg
2009-10-17 00:32
Londen - Bustariewe in Londen gaan volgende jaar in Januarie met sowat 12.7% styg saam met die ondergrondse stelsel wat sowat 3.9 % gaan klim.
London Mayor se Boris Johnson het Donderdag die nuwe tariewe aangekondig.
Volgens hom moet die pryse opgestoot word om die toekoms van die stelsel te beskerm.
Die koste van ‘n sewe-dag buskaartjie sal pendelaars in Januarie sowat €16.60 (R178 ) kos.
‘n Buskaartjie kos tans €13.80 (R150).
Die koste van ‘n ondergrondse rit in die middestad sal styg van €1.60 (R17.28) na € 1.80 (R19.44) per kaartjie.
-Sapa-AP