Lief vir 'n briesie? Hier mag jy kaal loop
2010-12-08 13:53
Is jy opgewonde om die see te besoek en alles te ontbloot? Wel, jy is nie alleen nie. Meer as 40 miljoen mense regoor die wêreld neem kaal-vakansies.
Hierdie tipe lewenstyl is nie nuut vir ons samelewing nie.
Daar is nie net naak-strande nie, maar ook oorde in Frankryk, waar jy nie net op die strand nie maar selfs in die strate kan kaal loop en selfs jou inkopies in jou geboortepakkie kan doen.

So indien jy belangstel, hier is ‘n paar strande waarheen jy kan gaan as jy alles wil wys.
1. Sandy Bay in Llandudno
2. Plakias Beach in Griekeland
3. Valalta in Kroasië
Onthou tog net om sonskerm saam te neem.
- Vir die volledige storie besoek GoTravel24.
- Volg Nuus24 op Twitter.