Vloermoer-vlugman sê roem is “nogal lekker”
2010-08-12 15:41
Londen - Steven Slater, ‘n lid van die JetBlue-lugredery se kajuitbemanning, waardeer die roem wat hy wêreldwyd geniet nadat hy ná ‘n stryery met ‘n passasier met ‘n nootglybaan by die vliegtuig uit is, berig die Britse koerant Telegraph.
Sy voormalige werkgewer, JetBlue, het erken die “ganse internet” is gaande oor dié storie.
Die kajuitbemanningslid het miljoene aanlyn-aanhangers gewen met sy dramatiese gedrag.
Die Amerikaner het ‘n vuilbek-woordevloed oor die vliegtuig se klankstelsel gestort voordat hy ‘n bier gegryp en by die vliegtuig se noodglybaan uitgespring het.
Hy het geskree: “Dis dit. Ek het genoeg gehad.”
Hy is later in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat. Hy kan ‘n vonnis van tot sewe jaar tronkstraf opgelê word.
Lees meer by Telegraph.co.uk.