Laserligte 'kan tot vliegramp lei'

2012-01-10 09:07
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Tensy daar vinnig opgetree word teen mense wat laserligte op vliegtuie skyn, is dit net ’n kwessie van tyd voordat ’n vliegramp as gevolg daarvan gebeur, het vlieëniers die afgelope week gewaarsku.

Daar was sedert vroeg Januarie veral in die omgewing van die Mosselbaai-lughawe ’n ernstige toename in sulke voorvalle.

Dit het egter ook by Lanseria, Wonderboom en verskeie ander lughawens gebeur, het vlieëniers op die webblad www.avcom.co.za gekla.

In een geval is daar drie keer na mekaar in ’n vlieënier wat in ’n sirkelpatroon by Mosselbaai was se oë geflits.

Volgens hom is die ligte uit die Num-Num-woongebied geskyn. Kennisse het vir hom gesê bokse vol van die lasers is op Oujaarsaand op Hartenbos se strand aan vakansiegangers verkoop.

Drie mense is die afgelope naweek in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hulle glo laserligte geskyn het in die oë van helikoptervlieëniers wat by die ANC se eeufeesvieringe betrokke was.

Die helikopters het van die Bloemfontein-lughawe en die Bloemspruit-lugmagbasis af gevlieg.

Een vlieënier skryf op die webblad daar is ook ’n probleem by die Virginia-lughawe by Durban. Die vlieëniers is in samewerking met die polisie besig om ’n SMS-stelsel te vestig om die posisie van waar die ligte geskyn word aan die polisie te stuur sodat die skuldiges vasgetrek kan word.

Sedert die probleem ’n paar jaar gelede in Suid-Afrika kop uitgesteek het, was die grootste uitdaging om die skuldiges op heterdaad te betrap, sê hulle.

Nog ’n vlieënier het gesê dit blyk egter ook die oningeligtheid van ouers te wees wat maak dat hulle óf die lasers vir hul kinders koop óf hulle nie oor die gevolge inlig as hulle die lasers in mense se oë sou skyn nie.

Hy het ’n kind in ’n restaurant in ’n casino in Kempton Park gekonfronteer nadat dié heeltyd, in die teenwoordigheid van sy ­ouers, ’n laser op hom geskyn het.

Veral die kragtige lasers kan blywende skade aan vlieëniers se oë veroorsaak. Waar dit veral met ’n vliegtuig of lugdiensstraler se opstyging en landing geskyn word, kan dit ’n ramp tot gevolg hê.

Die Burgerlugvaartowerheid het gister op die klagtes gereageer en gesê daar is drie verskillende regulasies in die lugvaartwetgewing waarvolgens mense aangekla kan word as hulle gevang word.

Hulle kan tot tussen 10 en 30 jaar tronkstraf gevonnis word as hulle skuldig bevind word.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: vlieëniers  |  vliegtuie  |  vliegrampe

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.