Langnaweek in die Stad van Goud

2009-11-25 15:22
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Johannesburg is een van die wêreld se grootste en mees boomryke stede. Dit is die grootste stad in Suid-Afrika met ‘n bevolking van bykans vyf miljoen mense. Die stad produseer ongeveer 16% van die land se bruto binnelandse produk en tog is daar byna 1 569 hektaar grond wat deur natuurreservate in die stad van Johannesburg gedek word.



Twaalf rivierstelsels loop deur die stad en daar is na verwagting meer as 10 miljoen bome, wat dit die grootste mensgemaakte woud in die wêreld maak.

Hier is ‘n paar idees as jy vir ‘n naweek wil wegbreek Jozi toe:

1. Neem 'n joga-klas terwyl die son opkom

Melrose Arch bied sonsopkoms joga-klasse, hetsy langs die Melrose Arch hotel se swembad of op die dak van die Melrose Arch-sentrum. Ná 'n verfrissende uur se joga kan jy ‘n rustige ontbyt in die Melrose Arch-hotel geniet, wat by die koste van die klas ingesluit is. (Kontak Clara Woodburn, 082 840 4349, www.yogawarrior.co.za)

2. Verlustig jouself aan 'n heerlike ontbyt

As 'n mens kyk na al die fantastiese kafees, restaurante en bakkerye, is ontbyt ‘n baie belangrike maaltyd in hierdie energieke stad. Ons keuses:

Moema's Patisserie and Food Shop, vir heerlike gebak en warm sjokolade drankies. (011 788 7725, Parktown Quarter, op die hoek van 3de- en 7de Laan, Parktown-Noord).

Tearoom-cum-bakkery vir enigiets van gebak tot roereiers of muesli en jogurt vir die gesondheidsbewustes (011 268 0044, 30 Ruddstraat, Illovo Poskantoor, Illovo).

Nice on 4th het klante van reg oor die stad wat al die pad daarheen ry vir hul kreatiewe broodmandjies, gevul met hardgekookte eiers, bros spek en geroosterde tamatie met gemmer, peper en Parmesaan (011 788 6286, op die hoek van 14de-straat en 4de Laan, Parkhurst).

Salvation Café se vars beet, peer en wortelsap is net die ding om jou dag mee af te skop, maar vir die baie honger mae is daar hul heerlike Brie omelette of Franse roosterbrood. (011 482 7795, 44 Stanley Laan, Milpark).

3. Bergfietsry by die Braamfonteinspruit

Dié 60 km roete begin by Albert's Farm en neem jou al die pad na Paulshof, alhoewel jy enige plek langs die roete kan begin. ‘n Goeie plek om weg te spring is Mike's Bikes (011 888 8868, 41A Gleneaglesstraat, Greenside), waar jy jou voertuig veilig kan parkeer en ‘n cappuccino en kolwyntjies by Vida e Caffé kan geniet voor jy die pad aanpak.

Die roete is vir professionele fietsryers sowel as gesinne geskik en enige vlak van fiksheid is aanvaarbaar.

4. Besoek Rosebank se kunsgalerye


Hierdie kunsroete is die tuiste van die Warren Siebrits galery, (140 Jan Smuts laan, Rosebank, www.warrensiebrits.co.za), die Goodman galery (163 Jan Smuts Laan, Rosebank, www.goodman-gallery.), Gallery Momo (52 7de Laan, Parktown-Noord, www.gallerymomo.com) en die Everard Read galery (6 Jellicoe Laan, Rosebank, www.everard-read.co.za).

Moenie David Krut Arts and Bookstore misloop nie (140 Jan Smuts Laan, Rosebank, www.davidkrutpublishing.com).

5. Ontspan by die stad se nuwe spa

Camelot by Villa d'Este is 'n luukse spa en 'n replika van 'n Italiaanse villa. Dit is in die 1920's gebou is en is in die 1950’s verder ontwikkel deur sy tweede eienaar wat fonteine met engele in die welige tuine geplaas het. Geniet ‘n dag se bederf hier en besoek ook die Spa Café. (086 111 4075, www.camelotspagroup.com).

6. Gaan leer meer oor Suid-Afrika se onstuimige verlede by Constitution Hill.

Constitution Hill is op dieselfde grond as die Ou Fort-gevangenis-kompleks, wat ook bekende was as Nommer Vier, gebou, waar gevangenes, soos Nelson Mandela en Mahatma Gandhi, hul verhoor en vonnis moes inwag.

Vandag is dit die tuiste van die Konstitusionele hof en is ook ‘n nasionale erfenisterrein en argitektoniese simbool.
Begeleide toere van die ou tronkgeboue en die hof word aanbeveel (www.constitutionhill.org.za).

Die Hector Pietersen-museum in Soweto (www.hectorpietersen.co.za) en die Apartheidsmuseum naby Gold Reef City (www.theapartheidmuseum.co.za) is ook ‘n besoek werd.

7. Geniet ‘n drankie en ‘n uitsig

Drink 'n verfrissend drankie op die swembad se terras by die Westcliff-hotel vir die beste uitsig van die dig beboste stad en die Johannesburgse dieretuin. 

8. Besoek die Wieg van die Mensdom

Gaan vind jou wortels in die grasvelde van die Wieg van die Mensdom, net 40 minute buite Johannesburg. Dié natuurreservaat, wat 3 000 hektaar groot is, is waar die bekende skedel van Mev. Ples, en die 3,5 miljoen jaar oue voetspoor gevind is. In 1999 is dit as 'n wêreld erfenisterrein verklaar.

Spandeer ‘n nag of twee in selfsorg-akkommodasie en geniet ‘n wildrit, of heerlike middagetes. (011 659 1622, www.thecradle.co.za)

9. Ontdek Johannesburg se mooiste geheime tuin

Dié tuin van 45 hektaar, wat grootliks uit inheemse plante bestaan, is net onder die Johannesburg-hospitaal geleë. Dit is sedert 1922 die tuiste van die Oppenheimer-familie en die inheemse tuin vereis 45 tuiniers om in stand te hou. Dit sluit 'n kindertuin, 'n inheemse grastuin,' n Japannese tuin, 'n doolhof en' n organiese groentetuin in. (011 646 4122, thegarden@brenthurstgardens.co.za, www.brenthurstgardens.co.za).

10. Besoek een van Johannesburg se oudste mynskagte, reg in die middel van die stad.

Net ‘n klipgooi van Newtown af is die 1 000 m skag wat deur die kelder van die Standardbank-gebou in Simmonsstraat toeganklik is.

Dit is in 1986 ontdek, eers sowat 100 jaar nadat mynwerkers daar doenig was. Toegang tot die Ferreira Mine Stope is verniet en die museum is gedurende bankure oop. (011 636 9111).

- Gotravel24

Lees meer oor: johannesburg  |  reis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.