Laaste krefie vir die seisoen

2011-04-26 14:02
Tweets Share Share line Print

Die Wes-Kaap se duikplekke het die afgelope Paasnaweek gewemel van duikers en bote wat almal met ewe veel lus gaan kreef uithaal het nadat die seisoen vir oulaas geopen is.

Met duikpakke, handskoene, kopstukke en selfs duiksokkies om teen die ysige Atlantiese koue te beskerm pak ons toe ook die pad aan na Hangklip, ons gunsteling-duikplek net anderkant Rooiels.

Met ons aankoms is die atmosfeer effens chaoties, omdat honderde ander mense dieselfde idee het en daar ‘n verkeersknoop op die enkele grondpad is van bote wat terselfdertyd wil in en uit. Dis hoekom ‘n mens kreef duik en nie kreef trek nie, dink ek met ‘n glimlag terwyl ons verby almal stap.

Nietemin is daar min mense by ons “plekkie” en geklee soos ‘n swart teletubby plons ek die water in. Ek sal eerlik wees, ek gril om aan ‘n kreef te vat, so ek haal eerder alikreukel uit en snorkel tot ek te koud kry, terwyl ek my bekwame duikmaat los om beide van ons se kwota (vier krewe elk) uit te haal.

Hangklip is ‘n beskutte baai wat dit maklik maak vir ervare en minder ervare aspirant-duikers. Veral kinders sal hulleself hier kan vermaak en daar is heelwat vis en ‘n kleurvolle wêreld wat onder die water skuil.


(Esti Brandt)

Later, terug op die kant, sien ek ‘n man op die rotse. Sy broek is opgerol, bene in die poel water waar hy hope klippe uitgekrap het. Sy naam is James.

Hy wys vir my hoe die wurms lyk wat hy uithaal vir aas. Dik, lang, bruin wurms waarmee hy galjoen gaan vang.

Ek skat hom so in sy laat vyftigs, dalk vroeë sestigs. Aan die een kant van sy mond makeer ‘n paar tande, maar ek dink dit pas by sy karaktervolle gesig.

“Ons het een keer by Kaappunt uitgegaan, ek en my seun,” vertel hy my terwyl hy aanhou krap vir wurms.

“Ons het 381 geelsterte uitgetrek in twee en ‘n half uur, met elf lyne.”

Die man vang al vis van lank voor ek gebore is. Nes baie mense van die Kaap ken hy die see en die harde lewe wat daarmee gepaard gaan.

Hy weet ook wat die beperkings en lisensies aan mense doen wat op die see staatmaak. Mense wat dit nodig het om hul kinders skool toe te stuur en kos op die tafel te sit.

Hy vertel vir my hoe hy drie jaar gesukkel het om ‘n lisensie te kry om met sy boot te gaan visvang en hoe ‘n dwelmbaas wat hy ken dit sommer dadelik gekry het.

“Wat weet hy van visvang?” sê hy half vir homself.

Ons praat weer oor kreef en dan vertel hy my hoe hy al op ‘n strand afgekom het wat rooi gelê het van die krewe.

“Die strand was rooi soos hulle daar gelê het. Krewe het oral uit die water geklim,” vertel hy en voeg by dat dit buite die kreefseisoen was.

“Dit gebeur soms wanneer daar ‘n tekort aan suurstof in die water is. Hulle grawe dan in die sand in en soos die water oor hulle spoel en deursypel, kom daar suurstof in sodat hulle aan die lewe kan bly.”

Hy weet baie en deel nog staaltjies met my. Ons gesels soos ou vriende langs die viswaters en ek kan nie help om te dink dis ‘n kosbare oomblik nie.

Minute later kom my duikmaat, moeg geswoeg, uit die water met agt krewe, nes hy belowe het.

Ons groet vir James en ek dink hoe anders en tog dieselfde ons is. Die aand sal ons kreef en geelstert eet. Hy en sy gesin kreef en galjoen.

Aan die einde van die dag bly sy woorde my steeds by. Hy het vir sy suster in Australië gaan kuier en toe ek hom vra hoe dit was, antwoord hy my: “Nei man, hulle kan hou wat hulle het. Die mense kan maar steel en goed hier by ons, ons bly in ‘n goeie plek. En as ek hier by die water sit vergeet ek van alles. Ek hoef nie te dink nie.”

Ja James, dink ek, hier by die water kan ons almal ons koppe afskakel en die plesiere wat op ons voorstoep lê geniet.


Rooi gestoomde krewe is heelwat minder grillerig om aan te vat. (Esti Brandt)


 Geelstert uit Houtbaai het die seekosfees afgesluit. Die man verkoop trots sy visse , of is dit net 'n storie...? (Esti Brandt)

Lees meer oor: wes-kaap  |  kreef

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.