Kyk met ander oë na voëls met die regte gids

2010-11-23 13:28
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Dit is mos asof jy nuwe oë kry as jy eers na voëls begin kyk en hulle probeer identifiseer op jou reise of staptogte in die natuur.

Dié tyd van die jaar gaan dit oral maar ’n bietjie dol en dan is dit lekker om ’n naweek te kan wegbreek na ’n plek soos Sanddrif in die Sederberge.

’n Mens wil dan byna net in ’n vlak en helder bergstroom gaan lê en afkoel. Die gewoel van die stadslewe voel dan ligjare weg.

Sanddrif is ’n baie spesiale plek en sy kampeerterrein is ’n gewilde afpakplek. Daar is ook kothuisies wat ten volle gemeubileer is, en die Cederberg-kelder met sy spesiale wyne. In die nabyheid is selfs ’n sterrewag waar jy Saterdagaand plekke baie vêr hiervandaan deur ’n teleskoop kan verken.

Dis ook lekker om hier kort na dagbreek op te staan. Terwyl die kampeerders nog slaap, kom groet ou bottergat jou terwyl hy die braaiplekke inspekteer vir krieseltjies en in die verte gee die hadeda sy hoogtevrees-kreet.

Teen agtuur die oggend moet jy mooi luister. Dan hoor jy die tok-tok van ’n houtkappertjie.

Die dooie boom waar hy verwoed met sy hamertjie tik, is naby die kampeerders se ablusie. Wonder hoeveel stap elke oggend by hom verby sonder om te groet?

’n Bietjie later in die oggend begin die voëltjies bad in ’n poeletjie water in die grondpad nadat dit ’n paar dae tevore gereën het.

Dis die lyster, kanaries en glasogies wat gereeld daar gaan afkoel. Die janfrederik sien jy gereeld, maar ’n bosvoëltjie soos die bosbontrokkie is bietjie meer skaam.

Om die paradysvlieëvanger-mannetjie met sy lang oranjerooi stert deur die kamp te sien fladder, was vir my ’n bonus.

’n Entjie weg van die kamp is ook die Europese byvreters opgemerk. Dis oor hulle en die ander voëls wat ek meer gaan vra het by Rika du Plessis, Cape Nature se bestuurder van die Sederberg-reservaat.

Rika bly al lank in die Sederberge en sy sê: “Die byvreters kom so teen einde Oktober. Ek het ook al in die somer die Europese troupant hier gevind.”

Byna simbolies van die Sederberge is die witkruisarende wat jy gereeld hier hoog sien sweef. ­Lucia Rodrigues van die Percy Fitzpatrick-voëlinstituut het die laaste paar jaar opnames begin maak van die witkruisarende se getalle in die Kaap. Sy het al ’n paar keer die Sederberge besoek en sê daar is meer as wat stappers gewoonlik hier sien.

“Die broeipaar by Matjiesrivier was vanjaar suksesvol. Die kleintjie het die nes veilig verlaat,” het Rika vertel.

Twee ander broeipare waarvan Rika weet, het egter nie vanjaar gebroei nie. Dit sluit die paar van Mount Ceder in.

Van tinktinkies tot reuse-arende kan jy aan jou kinders uitwys. Gewapen met ’n goeie verkyker en voëlgids is daar ’n nuwe wêreld wat wag om ontdek te word as jy nog nie voorheen ernstig na die ­voëllewe gekyk het nie.

Uiteindelik sal jy soos ons ander voëlkykers na een van ons groot wildtuine wil gaan om na die voëllewe te gaan kyk – die olifante, leeus, luiperds, buffels en ander diere is dan net ’n bonus.

Só word jy voëlkyker
Al wat jy eintlik nodig het, is ’n goeie voëlgids en ’n verkyker.

Die Roberts-voëlgids (gepubliseer deur die John Voelcker-voëlboekfonds) dek meer as 950 Suid-Afrikaanse spesies.

Daar is ook ’n goeie gids van al Afrika se voëls suid van die Sahara. Ian Sinclair en Peter Ryan se Birds of Africa is onlangs hersien en is ideaal vir mense wat in ons buurlande en verder in Afrika gaan reis.

Dit is ook lekker om saam met ander mense na voëls te gaan kyk. Sluit egter aan by ’n groepie of ’n maat wat op jou golflengte is. Party mense fluister wanneer hulle voëls kyk, ander praat weer baie en is minder ernstig.

Gaan kyk op www.birdlife.co.za vir ’n klub naby jou waar jy kan aansluit en ander voëlkykers ontmoet.

Doen jou huiswerk voordat jy ’n nuwe plek besoek. Soek dan vir die spesifieke voëls waarin jy belangstel.

Gaan kyk na die voëlroetes op www.birdingroutes.co.za vir plekke wat jy kan besoek.

Wen voëlgids
Daar is ’n groot verskeidenheid ­voëlgidse oor Suid-Afrika se voëls. As jy soms in ons buurlande of verder noord in Afrika reis, is Ian Sinclair en Peter Ryan se boek Birds of Africa South of the Sahara die een wat jy moet saamneem.

Die nuwe hersiene uitgawe het pas verskyn. Hy het ’n magdom inligting oor Afrika se voëllewe.

Daar is 500 nuwe afdrukke van voëls en ook 480 verspreidingskaarte wat hersien is.

Ryan het veral groot bekendheid verwerf vir sy navorsing oor see- voëls. Hy en Sinclair is ook albei baie gewilde sprekers.

Sinclair gaan byvoorbeeld in Januarie lesings aanbied op die skip MSC Melody op sy vaarte van Kaapstad na Walvisbaai en ­terug.

Een gelukkige leser kan vandag die voëlgids Birds of Africa South of the Sahara wen.

Vraag: Watter vasteland se voëls word bespreek in Birds of Africa?

Stuur ’n SMS (R2 per SMS) na 41489. Jou antwoord moet só lyk: boek spasie naam van vasteland.

Die kompetisie sluit Donderdagaand 25 November en die wenner sal telefonies in kennis gestel word.


Tente op ’n grasperk en onder groot koeltebome. Sanddrif se kampeerplek in die Sederberge kry dwarsdeur die jaar aftrek en is ook ’n goeie plek om voëls te kyk.
Foto: Eben Human


Fladderende juweel. Kyk maar vir die paradysvlieëvanger (Terpsiphone viridis) tussen Oktober in Januarie by Sanddrif.
Foto: BASIE VAN ZYL


Badtyd! Die glasogie (Zosterops virens) koel af in die poeletjie in die grondpad.
Foto: EBEN HUMAN


Tok-tok. Dis die houtkappertjie (Dendropicos fuscescens) wat jy vroegoggend gehoor het.
Foto: Eben human



Bottergat. Só noem hulle die Kaapse tiptol (Pycnonotus capensis) in die Sederberge.
Foto: EBEN HUMAN


Lees meer oor: voëls  |  boeke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.