Kulula se verskuilde bagasiekoste
2011-11-29 14:58
Johannesburg – Die laekoste lugredery Kulula het ‘n nuwe kostestelsel vir swaar bagasie bekendgestel wat kan beteken sy kliënte sal veel meer betaal vir swaarder bagasie as enige ander kompeterende lugredery.
Passasiers wat met Kulula vlieg sal R250 moet opdok vir bagasie wat ingeboek word en meer as 20 kg weeg.
Die lugredery het besluit om nie die wêreld van sy besluit in kennis te stel nie en gekies om eerder vir ‘n “sagte bekendstelling” te gaan, ten spyte van die impak wat dit op passasiers se beursies gaan hê.
Die nuwe stelsel vereis ook dat passasiers R300 moet betaal as hulle ‘n ekstra bagasiestuk wil inboek, ongeag die totale gewig van die bagasie.
Die koste vir ‘n ekstra bagasiestuk kan tot R200 verminder word as passasiers die lugredery vooraf inlig.
Met die nuwe stelsel in plek sal passasiers met swaar of ekstra bagasie aansienlik meer moet opdok as op ander laekoste lugrederye.
Al Kulula se laekoste mededingers vra R25 of R30 per ekstra kilogram bagasie.
Geen ander lugredery het ‘n beperking van slegs een bagasiestuk nie.
– Lees verder by Moneyweb
– Volg Nuus24 op Twitter