Kry handige wenke as jy met Eurostar reis
2011-03-01 16:04
‘n Nuwe ooreenkoms tussen Eurostar en Tripadvisor laat alle passasiers wat van dié treindiens gebruik maak toe om voordeel te trek uit ander reisigers se ervarings en aanbevelings van die wêreld se grootste reis-webwerf.
TripAdvisor se inhoud word nou in meer as 18 000 e-posse, wat maandeliks aan reisigers wat van dié snel-treindiens gebruik maak gestuur word, geïntegreer.
TripAdvisor bied ook aan passasiers ‘n “beste van” oorsig van hul gekose Eurostar-bestemming, insluitende besonderhede van die stad se top-aantreklikhede en restaurante.
Dit bied ook toegang tot ‘n aflaaibare gids met insiggewende wenke.
Lees hier meer.