Kruger top-wildreservaat in SA

2009-12-07 17:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - GoTravel24-lesers het die geleentheid gekry om te stem vir hul gunstelingwildreservaat uit 'n lys van 19 reservate in Suid-Afrika.

Dit is wat hulle te sê gehad het:

Twee wildreservate het gelykop in die vyfde plek geëindig met 7% van die stemme elk: Hluhluwe en die Kgalagadi-oorgenspark.

 
Witrenosters in Hluhluwe.

Hluhluwe


Hierdie is die oudste wildreservaat op die kontinent. Die 114 jaar oue park, in die noorde van KwaZulu-Natal, het veral gewildheid verwerf vir sy bewaring van die wit renoster, wat in die vyftigerjare begin wortel skiet het. Die park huisves ook al die lede van die Groot Vyf, ’n verskeidenheid voëlspesies en talle ander diere.

Die Lobombo-bergreeks pronk aan die een kant van die park, terwyl die St. Lucia-vleiland-park aan die anderkant grens.

Die Kgalagadi-oorgrenspark het eers bekendgestaan as die Kalahari Gemsbok Nasionale Park (in Suid-Afrika) en die Gemsbok Nasionale Park (in Botswana), maar vandag is dit een enorme oorgrens-reservaat.

Die park se twee vernaamste kenmerke is sy gemsbokke en leeus met swart maanhare. Kgalagadi beteken "plek van die dors",  veral gepas as mens die jaarlikse reënval van slegs 200mm oorweeg.

Dit is ook waarom die diere daar oor ‘n groter afstand beweeg as in ander reservate weens die voedselskaarste.


  'n Gemsbok in Kgalagadi.

Pilansberg Nasionale Park
Net bo die twee parke is die Pilansberg Nasionale Park, ook die tuiste van die Groot Vyf, beweer dat dié park byna elke soogdier in Suider-Afrika kan huisves. Die groot verskeidenheid spesies is te danke aan die klimaat, wat wissel tussen dié van die droë Kalahari en die natter Laeveld.

Die gewilde vakansieoord Sun City grens ook aan die Pilansberg-natuurreservaat.

Die reservaat is waarlik besonders te danke aan die feit dat die park in ‘n vulkaankrater geleë is en vandag met heuwels omsingel is.


Olifante by ‘n watergat in Pilansberg

Die Tsitsikamma Nasionale Park

Die park, in die tweede plek, is seker die mooiste wildreservaat in die land. Dié reservaat bied ook ‘n verskeidenheid van seelewe aan wat dolfyne en walvisse insluit.

Die park bly heel jaar deur groen en geil, wat beteken besoekers kan in Januarie of Junie die natuurlewe geniet.

Een van die mees opwindende aktiwiteite is seker die Canopy-toere, waar daar van een boom na die ander geswaai kan word.


Regs: Die hangbrug by Tsitsikamma: 


Die wenner: die Kruger Nasionale Park

Die Kruger Nasionale Park het met 36% van die stemme weggestap, wat dié park die top wildreservaat onder ons lesers maak.

Die grootte van die park is op sy eie ongelooflik. Dit is byna 19 000 km2 groot – selfs groter as Gauteng – en huisves ‘n ongelooflike verskeidenheid en hoeveelheid wild.

Volgens opnames wat in 2004 geneem is, is daar oor die 15 000 leeus, byna 30 000 buffels en 11 500 olifante.

Die park is ook oor die 100 jaar oud.

Die park word sterk aanbeveel.

-GoTravel24



 

Lees meer oor: kruger nasionale park  |  reis

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.