Kruger-hotelle moet nog goedgekeur word
2011-06-14 17:00
Kaapstad – Die Kruger Nasionale Park wag steeds vir die groen lig om voort te gaan met planne om twee hotelle in die wêreldbekende natuurreservaat te bou, het The New Age Dinsdag berig.
Konstruksiewerk van die hotelle in Skukuza en naby een van die ruskampe by die Malelane-hek sal slegs voortgaan as dit goedgekeur word deur die departement van water- en omgewingsake, het William Mabasa, woordvoerder van die Kruger Park, Maandag gesê.
“Ek kan nie sê wanneer die bouwerk sal begin nie, want ons wag nog vir ‘n omgewingsimpak-verslag,” het Mabasa gesê.
“Sodra die verslag bekendgestel word en die departement dit goedgekeur het sal die bouwerk begin.”
Mabasa het bygevoeg dat die hotel werk sal skep vir gemeenskappe wat langs die wildtuin woon.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter