Krisis vir toerisme in Australië
2011-11-10 09:24
Sydney – Australië se toerismebedryf beleef 'n ernstige krisis weens wêreldwye ekonomiese probleme, met 'n afname van 9% in besoekers in September.
Slegs 432 200 internasionale besoekers het in September in Australië geland, in vergelyking met sowat 790 600 Australiërs wat in dieselfde periode op oorsese reise vertrek het.
Die hoeveelheid besoekers neem al sedert Januarie af.
Intussen het die hoeveelheid Australiërs wat met vakansie in die buiteland gaan, in die afgelope jaar met 10.3% toegeneem. Altesaam 5.70 miljoen mense het in die laaste jaar oorsee gereis vanuit Australië.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.