Kortfilms wys hoe 2010-besoekers Kaap kan verken
2010-03-04 14:00
Kaapstad - 'n Nuwe reeks kortfilms oor die Wes-Kaap beoog om besoekers aan die Wêreldbeker-sokkertoernooi 'n idee te gee van wat dié provinsie aan toeriste bied.
Die uitvoerende hoof van Cape Town Routes Unlimited, Calvyn Gilfellan, het die inisiatief, Beyond the 90 Minutes, vandeesweek aangekondig.
Die inisiatief beoog om die wêreld se aandag opnuut op die Wes-Kaap te vestig op die vooraand van die Wêreldbeker-sokkertoernooi.
Beyond the 90 Minutes is ‘n versameling kort dokumentêre films wat wys hoe sokkeraanhangers die stad van Kaapstad en ander bestemmings in die provinsie verken.
“Die kortfilms wys hoe meer as 30 sokkeraanhangers uit 17 lande hulself op verskillende maniere in Kaapstad en die Wes-Kaap geniet,” het Gilfellan Dinsdag tydens die vieringe vir die laaste 100 dae voor die toernooi gesê.
Dié films kan in 10 verskillende tale gekyk word.
Kliek hier om self die video te sien.
- Nuus24