Koninklike paleis beskikbaar vir verblyf tydens Spele
2011-11-14 16:48
Londen – ‘n Koninklike paleis gaan beskikbaar gestel word aan maatskappye vir verblyf tydens volgende jaar se Olimpiese Spele teen ‘n koste van £30 000 (R379 000) per dag.
Byna 500 jaar se koninklike protokol sal met hierdie ooreenkoms verbreek word wanneer die St. James-paleis van sy deftigste wooneenhede aan privaat-maatskappye beskikbaar sal stel vir die tydperk van die Spele in Londen.
Die koningin het die planne persoonlik goedgekeur en besighede kan kies of hulle in die paleis se troonkamer, tapisseriekamer of die Queen Anne-kamer wil bly.
Gaste sal ‘n eksklusiewe toer van die paleis kan geniet en sal ook naby wees aan waar verskeie van die Olimpiese Spele se geleenthede aangebied word.
– Lees meer by iol
– Volg Nuus24 op Twitter