Kongo nooi besoekers om vulkaniese uitbarstings te aanskou
2011-11-14 15:43
Kinshasha – Virunga Nasionale Park nooi toeriste op ‘n oornag staptog om die skouspelagtige uitbarsting van Mount Nyamulagira in die ooste van die Kongo te aanskou.
Die vulkaan het op 6 November begin uitbars en daar is talle lawa-fonteine wat tot byna 200 m hoog in die lug opskiet.
‘n Verklaring wat Maandag van die park, wat ‘n Wêrelderfenisgebied is, uitgereik is, het gesê riviere van gloeiende lawa vloei stadig noord na ‘n onbewoonde deel van die park en dat dit nie die bedreigde berg-gorillas in gevaar stel nie.
Die park het ‘n kamp opgerig in ‘n veilige deel naby Nyamulagira waar besoekers die aand kan deurbring.
Die uitbarsting kan dae of maande duur.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP