Kommer oor myn by natuurreservaat
2011-10-06 12:35
Polokwane – Limpopo Toerisme en Parke (LTP) het sy kommer oor die beplande steenkoolmynontwikkeling naby die Nysvlei Natuurreservaat uitgespreek en gesê dit kan “ernstige, nadelige gevolge vir die hele vleiland inhou,” het Tourism Update berig.
“Nie net is dié beskermde omgewing belangrik vir die voortbestaan van ‘n spesifieke bioom nie, maar dit is ook op die Ramsar Convention on Wetlands se lys van beskermde vleilande. As mynbou stroomop van die natuurreservaat plaasvind, is daar geen twyfel dat dit ernstige gevolge vir die hele vleiland kan inhou nie,” het LTP in ‘n verklaring gesê.
Die Nylsvlei Natuurreservaat is tans die enigste internasionaal erkende binnelandse vleilandpark in suidelike Afrika wat tussen 400 en 800 voëlspesies lok.
– Lees die volledige berig by Tourism Update.
– Volg Nuus24 op Twitter.