Knyp Jozi se katte in die donker

2010-11-09 11:45
Tweets Share Share line Print

Mooi kyk waar jy ry in die donker. Deelnemers in aksie in Johannesburg se nagbyeenkoms. Foto: JACQUES MARAIS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOhannesburg - Jy is in Jozi. Dis skuins na sononder, en jy moet die gitswart duisternis aandurf en kilometers deur die veld hardloop.

Al wat jy by jou het, is ’n klein kopflits, en jy hyg na jou asem terwyl jy rieme neerlê, al met ’n voetpad langs wat wie weet waarheen mik.

Nagmerrie-scenario, of hoe?

Miskien wel so vir Jan Alleman, maar definitief nie vir die avonturiers wat tydens die Energizer-nagwedloop die kat hier naby Sterkfontein in die donker kom knyp het nie.

Vir dié atlete is dit alles deel van die pret, en die uitdaging is juis om die bergfiets- en veldlooproetes (onderskeidelik sowat 30 km en 15 km) in die donker aan te durf.

Dit was die eerste keer dat dié byeenkoms hier naby Krugersdorp binne die Wieg van die Mensdom aangebied is, en honderde lede van die Goudstad se buitelug-brigade het opgeruk om in die unieke energie te kom deel.

Die pragtige Teak Place – met knetterende vure en sprokiesligte in die tuin – was ’n bestemming duisend, en die atlete en hul families het kom saamdrom om voor die wegspring op te warm.

Tussen die hardlopers en fietsryers was daar heelwat bekende gesigte, onder andere Bruce Fordyce, Nick Bester, Terence Parkin, Mannie Heymans en Philip Buys.

Dit was gou duidelik dat die kompetisie straf in die veldloop straf sou wees, veral in die korporatiewe afdeling waar spanne van onder meer Nedbank, Stanlib en Energizer Discovery die pap dik sou aanmaak.

Dit was uiteindelik die atlete van Nedbank wat bewys het hulle is in ’n klas van hul eie, en hulle het gemaklik in sowel die vroue- as die mansafdeling geseëvier.

Tussen die bergfietsers is daar ook geen genade gevra of gegee nie, en hier was dit die span van Garmin-Adidas wat met die louere weggestap het.

’n Byeenkoms soos die Energizer-nagwedloop gaan egter net soveel oor pret as oor prestasie, en daar was meer as genoeg van albei.

Deelnemers wat die roete teen ’n rustiger pas wou pak, kon kostuums aantrek en dosyne narre, vampiere en “vroue van die nag” het selfs meer kleur verleen.

Daar was selfs ’n afdeling waar stappers kon inskryf, net in geval jou “lyf meer vir gemak as spoed gebou is”, soos een oom aan my verduidelik het.

En terwyl die aksie op die roetes rooiwarm was, het die toeskouers rondom die kampvure meer as genoeg opwinding gehad om hulle besig te hou.

Die Beat Boxer George Avakian (hier’s nou ’n man wat met sy stem kan goël!) en die Showstopaz-dansgroep het die omstanders op hul voete gehad, en dit was amper middernag voordat die bittereinders uiteindelik besluit het om huiswaarts te keer.

Dit wys jou net: Jozi bied vet buitelugpret as jy bereid is om ’n bie­tjie te gaan rondsnuffel.

Teak Place se bergfietsroetes is uitstekend ontwerp, goed gemerk en – omdat die toegang streng beheer word – nogal veilig.

En jy hoef beslis nie ’n naguil te wees om die beton-oerwoud te ontglip vir ’n dosis bergfietsplesier hier in Sterkfontein se heuwels nie.

Meer inligting by www.nightrelay.co.za en www.teakplace.co.za.

- Kontak Jacques per e-pos by jacques@jacquesmarais.co.za of 083 444 5369 met enige opwindende avontuurgebeurtenisse of buitelugnuus.


Daar was ook tyd vir pret. Herken jy dalk iemand?
Foto: JACQUES MARAIS

Lees meer oor: reis  |  johannesburg

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Aveo 1.5 5-dr LS
2007
R 89,995.00

FOTON

View 2.2 Taxi Bus
2008
R 139,319.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 TDi Comfortline 5-dr Dsl
2002
R 89,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.