Klink 'n glasie op die naweek
2011-03-25 09:42
Die beste manier om ‘n Vrydag af te sluit, of eerder jou naweek te begin, is met ‘n piekniek in die Kaapse wynlande.
Skiet deur na Warwick-landgoed saam met vriende en familie vir ‘n piekniek terwyl die son sak en rustige blues-musiek deur die Upright Parade die laatmiddag lug vul.
Warwick-wynlandgoed is geleë tussen Stellenbosch en Klapmuts en is bekend vir hul gourmet-pieknieks.
Datum: 25 Maart
Tyd: 16:00 – 20:00
Waar: Warwick-wynlandgoed; R44 tussen Stellenbosch en Klapmuts
Telefoon: 021 884 3147
Epos: james@warwickwine.com
Webwerf: www.warwickwine.com