Kitsfeite oor Machu Picchu
2011-07-26 20:53
Die afgelope naweek merk die honderdste jaar nadat Machu Picchu, die grootste toeriste-aantreklikheid in Peru, ontdek is.
Die storie van die ruïnes van Machu Picchu was al die inspirasie van ‘n generasie se verkenners en groot films.
Nietemin is daar heelwat inligting oor die ruïnes wat nie alom bekend is nie.
1.Die eerste westerling wat Machu Picchu aan die wêreld bekend gestel het, Hiram Bingham, was glo op soek na ‘n ander verlore Inca-gebied, Vilcabamba, toe hy die eerste keer op die oorgroeide ruïnes afgekom het.
2.Die aanvaarde geskiedenis dat Bingham die eerste persoon van buite was wat op Machu Picchu afgekom het is onlangs uitgedaag en verskeie ander kandidate het aan die lig gebring.
Die sterkste kompeteerder is die Duitse ingenieur Augusto Berns, wat moontlik 40 jaar voor Bingham by die ruïnes kon gewees het.
3.Toe Bingham teruggekeer het na die ruïnes om dit uit die oorgroeide bosse en plante terug te win het hy ‘n skatkis van artefakte gevind wat hy saam met hom na Yale Universiteit geneem het.
Dit het mummies, bene, keramiek en edelmetale ingesluit.
4.Die mees gewilde roete om by die ruïnes uit te kom is met die Inca-pad-roete. Die drie dag roete bereik ‘n hoogte van 3 660 meter op sy hoogste punt en daar is verskeie dele met oorspronklike Inca-steenpaaie op die pad.
As gevolg van vrese vir erosie beperk die regering die hoeveelheid mense wat die roete aanpak na 500, wat die verpligte portiere insluit.
5.Daar is elke jaar’n resies op die Inca-roete. Die resies is 26 myl lank en die huidige rekord is drie ure en 26 minute.
– Lees meer by Wanderlust
– Volg Nuus24 op Twitter